




*Voertuie mag van afbeelding verskil.
Die Affie Wildsfees is al dekades lank die grootste gesamentlike fondsinsamelingsprojek van Afrikaanse Hoër Seunskool en Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria - en nou kan jy deel wees van die opwinding.
Twee splinternuwe Suzuki Jimny 5-Deur-voertuie is op die spel. Een word deur Afrikaanse Hoër Seunskool aangebied en een deur Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria.
Met die koop van die kaartjie het jy die opsie om te kies by watter skool se trekking jy in aanmerking wil kom.
Vir slegs R250 staan jy die kans om met 'n splinternuwe Jimny weg te ry én terselfdertyd by te dra tot die voortgesette sukses van die Affie Wildsfees.
Die twee gelukkige wenners word op 22 Augustus 2026 tydens die Affie Wildsfees aangekondig.
BELANGRIKE INLIGTING
Die eienaar van die kaartjie moet 18 jaar of ouer wees.
Bepalings en voorwaardes geld.
We use cookies to enhance your user experience